NARIES 2017 –‘N JAAR VAN SEëN, HUMOR EN SPANWERK
Deur Julene Hamman – Algemene Bestuurder.
Naries se jaareindfunksie vroeg in Desember was weereens die geleentheid waar ons terugkyk op die snaakse en ernstige gebeure deur die jaar, en ek skryf n terugblik op almal se onthou-oomblikke wat hulle vooraf kom deel het.
Vanjaar het uitgestaan veral oor die spanwerk toe’ n vuur uitgebreek het, en hoe almal net alles gelos het en opdragte uitgevoer het, sodat ons n ramp kon afweer.
Nog ‘n hoogtepunt was die salwingsgeleentheid van Naries se hoofhekke waar ons aangekondig het dat die Here hier teenwoordig is en dat ons Hom dien. Ons glo Hy sal voorsien selfs in hierdie vreeslike droogte. Elke gas sal hier n verskil ervaar en die verskil is God se teenwoordigheid.
Die snaaksste insident was toe die bobbejaan op die dak van hoofgebou was en ons dames potte se deksels soos simbale geslaan het om genoeg geraas te maak om hom weg te jaag. Die brawe manne het die tuinslang voluit oopgedraai en opgeklim om hom nat te spuit sodat hy kan skrik, afspring en weghardloop. Ruben, my hond was aan sy leiband by my, en toe bobbejaan se kind afspring, beur hy so sterk agter hom aan, dat ek van my voete afgeruk word en agter Ruben aangesleep word!
En moenie vergeet van die drama toe die kombuis vroegmôre oorstroom is nadat die ysmasjien se pyp in die nag uitgespring het nie. Die hele kombuis was enkeldiep onder water is en dit was besig om deur te loop na die eetkamer. Ons moes ook natuurlik ook vinnig die krag afsit weens die elektriese konneksie van die stoof wat toe al onder die watervlak was. Adriancia en Adomicia was ons helde tydens die krisis, maar toe almal 08h00 opdaag, het die hele span soos een man ingespring en met kaalvoete en opgerolde broekspype begin water uitvee uit die kombuis.
Gelukkig was ons gaste verdraagsaam tydens die “oorstroming”, en het hulle ondersteuning gegee. Heelwat van hulle het ons personeel na die tyd geprys en het veral genoem hoe goed Adriancia die insident hanteer het en hulle bygestaan het.
2017 was ‘n wonderlike en opwindende jaar en ons sien uit daarna om 2018 as ‘n span aan te pak.
NARIES – A YEAR OF BLESSINGS, JOKES AND TEAM WORK
By Julene Hamman – General Manager
At the Year-end Function in December, we looked back at the funny and serious moments throughout the year, and I took the opportunity to pen down everybody’s memories.
2017 will probably be best remembered for the incredible teamwork when a fire threatened to destroy the assets and tranquillity of Naries. Everyone jumped in to become part of a strong team, pulling together to avoid certain disaster.
Another highlight was the blessing of the main gates of Naries, where it was announced that God was with us and that we were there to serve Him. We believe that he will provide, even in this terrible drought. We believe every guest will experience God’s presence and the difference he makes.
The most humorous incident was when a baboon was on the roof of the main building and all the ladies looked like orchestra drummers with their pots and lids which they used as cymbals. Aided by the men who climbed on the roof with the hosepipe aimed at the intruder, things got too much for “Adonis” and he decided to return to the sanctuary of nature. My dog Ruben was on a leash and pulled me to the ground, dragging me a few yards, when the culprit jumped of the roof and ran for safety!
Another stressful moment was when the ice-machine separated itself from its water-pipe and the entire kitchen was ankle-deep under water. We had to switch off the power as some of the electric cables in the kitchen were submerged. Adriciana and Adomicia were the immediate heroes in this crisis, but when everyone else arrived at 08h00, the entire team pulled together by rolling up their pants and sweeping the water out the door.
Thankfully our guests were very understanding and gracious during this “flooding” and gave us their full support. Most of them complemented our staff after the event and mentioned how well Adriciana handled the situation.
2017 was a wonderful and exiting year and we look forward to tackle 2018 as a team.